Landbouwetenskappe Graad 12 Kurrikulum Ondersteuning
Welkom by hierdie waardevolle hulpbron van die Graad 12 Landbouwetenskappe, wat spesiaal ontwikkel is om onderwysers te bemagtig en leerders se begrip van die vak te verdiep.
Hierdie hulmiddel is geskep deur My Life in samewerking met SAGRITEX en RMIS (Red Meat industry Services) en vakkundiges en bied ‘n rykdom van hulpbronne wat met die CAPS-kurrikulum belyn is. Dit sluit praktiese riglyne, jaarlikse kurrikulum oorsig, fassinerende feite, en eksamenvoorbereidingsvrae in – alles met die doel om die landbousektor en sy belangrikheid tot die leerders se wêreld te verbind. Die belangrikste hiervan is n visieule uitbreiding wat die onderwyser en leerder to binne die industrie neem vir n baie beter verstaan entoepassing van die wetenskap self.
My Life, ‘n baanbreker in Suid-Afrikaanse onderwysinnovasie, is toegewyd aan die welvaartskepping reeds van skoolvlak deur die maksimalisering van onderrigbenaderings om leerders te inspireer om landbou as ‘n dinamiese en betekenisvolle loopbaanveld te oorweeg.
Met hierdie materiaal sal onderwysers ‘n robuuste hulpmiddel hê om klasaanbiedings te verryk en leerderbetrokkenheid te verhoog. Of u nuwe maniere soek om komplekse konsepte te verduidelik, of bloot multimedia-inhoud in u lesse wil insluit, hierdie handboekaanvulling sal ‘n belangrike ondersteuning wees.
Teikengehoor
Hierdie aanvulling is spesifiek geskryf vir:
Graad 12 Landbouwetenskappe onderwysers en leerders.
Maak gebruik van hierdie uitgebreide bron om die leerervaring te versterk en om landbou se belangrike rol in Suid-Afrika se toekoms in die kollig te plaas.